AJ & MARI

Hiermee word jy hartlik uitgenooi na die huweliksbevestiging van AJ Keun en Mari de Lange.

Saturday October 7, 2023

George, South Africa

571 days 11 hrs ago

Ons storie

In die hart van 'n baie klein plattelandse dorpie, genaamd Porterville, het ons reis saam begin. As kinders het ons saam in Molly Hugostraat gespeel en mekaar gereeld verkeerd opgevryf op die tennisbaan. Desember vakansies het ons saam in Hartenbos se branders geswem en die aande om gedans op tydlose treffers. Min het ons geweet dat die Here besig was om ons storie te skryf - 'n storie van onophoudelike vreugde en vertroue in Sy tyd.

'n Kuiertjie op die plaas was toe al wat nodig was om hierdie liefdesverhaal te begin. Desember 2021 bevind ek (Mari) myself op AJ se plaas om die jaarlikse Schoombee skoffel by te woon. Die tyd wat ons saam op die plaas spandeer bring ons albei vir die eerste keer tot die besef dat ons werklik mekaar se pasmaats is. Dit het AJ net 'n week geneem om my te vra om sy meisie te wees, en 'n jaar later het hy op daardie selfde plaas die groot vraag gevra.

Die Here het ons elkeen op 'n aparte reis geneem en ons só mooi voorberei vir hierdie nuwe seisoen in ons lewe. Nou kan ons, uiteindelik, die reis saam aanpak, hand aan hand, met ons oë gerig op Hom en ons voete geplant in die hartjie van die Karoo.

Meer oor die paartjie

Waar het ons ontmoet?

Lees 'Ons Storie'.

Wie is meer kompeterend?

In hierdie kategorie wen ons albei. Ewe kompeterend!

Wat is ons gunsteling aktiwiteit saam?

Enige aktiwiteit wat ons saam doen, is ons gunsteling! Ons geniet dit om saam perd te ry, tennis te speel, berg te klim en saam in sy plaasbakkie deur die veld te ry terwyl ons na Algoa FM se treffers luister.

Wat ons albei wel baie geniet na ‘n lang daggie van werk, is om vir laatmiddag stappies in die veld te gaan, te gesels oor die dag se gebeure, terwyl die mooie Karoo son stadig wegkwyn oor die horison en die dag groet.

Na die stappie geniet ons egter ‘n heerlike glasie rooiwyn op ons stoep met biltong of droëwors as peuselhappie.

Wie is erger oor netheid?

AJ - sy leuse is as volg: "Alles het sy plek en alles is altyd op sy plek."

Wie is die 'early-bird'?

As boer het AJ nie veel van 'n keuse nie, maar ons altwee is lekker vroeg op en dan geniet ons ‘n koffietjie saam voor die dag begin.

Q & A

Hier is 'n paar algemene vrae en antwoorde. Kontak gerus vir Jani indien julle nog vrae het.

Wanneer moet ek RSVP?

RSVP asseblief voor of op 20 Junie 2023.

Mag ek 'n metgesel bring?

Metgeselle is per 'Save the Date' aangedui.

Mag ek kinders bring?

Alhoewel ons baie lief is vir kinders, laat ons ongelukkig geen kinders by die troue toe nie. Jammer daaroor.

Wat is die kleredragkode?

Dames en here, die kleredragkode is as volg:
- Semi-formeel
- Swart

*Dames, enige swart nommertjie is welkom.
*Manne, los asseblief die kortbroeke, denim jeans, plakkies en sneakers by die huis. 'n Swart broek met 'n wit hemp verkieslik.

Moet ek spesifieke skoene dra?

Aan al die dames, jy is welkom om later die aand jou hakke te verruil vir gemaklike dans-skoene.

Is die seremonie en onthaal binne of buite?

Die seremonie vind buite plaas en die onthaal binnenshuis. Voorsiening in die geval van reën word gemaak.

Is daar parkering by die venue?

Daar is meer as genoeg parkering by die venue.

Waar moet ek bly?

Drie verblyf opsies word verskaf. Hierdie opsies is egter net voorstelle. Om veilig te wees, bespreek so gou as moontlik jou verblyf.

Is daar enige vervoerdienste waarvan ek gebruik kan maak?

U kan van die volgende vervoerdienste gebruik maak:

1. Zeelie Taxi's
- 082 555 7441 / 044 874 6707
- tinusharper@absamail.co.za

2. Barnard Taxi's
- 072 268 5043
- barnardtaxis@vodamail.co.za

Vir wie kan ek kontak as ek addisionele vrae het?

Kontak gerus vir Jani by 071 867 0259 indien daar enige addisionele vrae is.

Program

Saturday, October 7, 2023

Aankomstyd

3:00 PM

Gaste kan vanaf 15:00 begin arriveer.

Seremonie

3:30 PM

Die bruid sal stiptelik om half 4 instap.

Verblyf opsies

House

Highlands Lodge

Slegs 5.3km van die venue af.

Phone
044-886-0045
House

Misty Orchards

Slegs 4.9km van die venue af.

Phone
044-886-0019

Gevolg

Jani de Lange

Hoof Strooimeisie

Christiaan van Niekerk

Hoof Strooijonker

Andria de Lange

Strooimeisie

Pieter van Rooyen

Strooijonker

Roné de Lange

Strooimeisie

Johannes  Zwiegers

Strooijonker

Suné Louw

Strooimeisie

Heini Brümm

Strooijonker

Geskenk idees

U teenwoordigheid is ons grootste geskenk. Indien u wel 'n geskenk wil gee, sal 'n kontantbydrae hartlik waardeer word.

Get the app

Download Joy and join our app using our event handle mari-and-aj. View and share photos and stay up-to-date with details on the go.